Thursday 4 May 2017

Lesplan

Lesplan:

Inleidendefase

Aan die begin van elke les is dit belangrik om die leerders te aandag te betrek om hulle aandag tot die einde te behou. Ons gaan gebruik gemaak van 'n video om die leerders se aandag te begryp. 

Na die video sal ons as onderwyseresse gebruik maak van 'n model wat ons sonnestelsel van agt planete voorstel. Volgende sal ons vir die kinders 'n rympie aanleer van hoe om die planete se name in volgorde onthou.


Onderrig- en leerfase

Tydens hierdie fase sal ons as onderwyseresse al die verskillende planete sowel as die dwergplaneet Pluto aan die leerders bekendstel.

Ons sal die les begin deur gebruik te maak van plakate en die interaktiewe witbord waarop ons die planete sal voorstel. Ons sal aan die leerders verduidelik wat die sonnestelsel is asook wat 'n planeet is.

Ons gaan hierna 'n video aan die leerders wys wat interessante feite van die planete bevat, soos die kleur van elke planeet, die klimaat en hoeveelste elke planeet in ons sonnestelsel voorkom.
Hierna gaan ons die leerders in groepies van vyf verdeel en aan elke groepie nege ronde polisterien balletjies van verskillende grotes uitdeel.

Die leerders moet die balletjies verf volgens die verskillende kleure en op tandestokkies op 'n stuk vierkantige polisterien in die regte volgorde vanaf die Son tot en met Neptunus insteek.


Afsluitfase

Tydens die afsluitfase sal ons weer dieselfde video oor die planete speel wat in die onderrig en leerfase gebruik is. As hersienning oor die werk wat tydens die les behandel is, sal 'n werkstuk met vrae aangaande die video aan die leerders gegee word om te voltooi. Die leerders kan dan die werkstuk huistoe neem en die volgende dag weer klas toe bring sodat dit nagesien kan word. Ons het ook besluit dat die leerders een van die polisterien planeet modelletjies, wat hulle in hul groepies geverf het, kan huistoe neem.


No comments:

Post a Comment